vrijdag, juni 12, 2020

het sprookje van de terkoekoe en de kwikwi






Ik overleefde Monet in Zaanstad 






.....

9.
wat doen ‘n mens met die oue
wat so lustig saamstink in die nuwe
die ou virus beman reeds flink die nuwe kleppe
hoe herken mens die oue
met sy rassisme en slym
sy onveranderde besitlike voornaamwoord
wat is die verlede tyd van die woord haat
wat is die simptoom van gebrutaliseerde bloed
van pyn wat nie taal wou word nie
van pyn wat nie taal kón word nie
wat doen ‘n mens met die oue
hoe word jy jouself tussen ander
hoe word jy heel
hoe word jy vrygemaak in begrip
hoe maak jy goed
hoe sny jy skoon
hoe ná kan die tong tilt aan teerheid
of die wang aan versoening
‘n punt
‘n lyn wat sę: van hier af
van dié moment af
gaan dit anders klink
want al ons woorde lę naas mekaar op die tafel
bibberend van die kleur van mens
ons weet nou mekaar
mekaar se kopvel en reuk mekaars bloed
ons weet die diepste geluide wat mekaar
se niere maak in die nag
ons is stadig mekaar
opnuut
nuut
en hiér begin dit



10. 

maar as die oue nie skuldig is nie
nie skuld bely nie
kan die nuwe natuurlik ook nie skuldig wees nie
en nooit voor stok gekry word
as hy die oue herhaal nie
alles begin dus van voor af aan
dié slag anders ingekleur

Antjie Krog
Uit: Down to my last skin





Geen opmerkingen: